Verlede maand
Tiener woeker in lockdown
PASSIEVOL: Jodie Williams sê lockdown het ’n passie vir koekbak in haar wakker gemaak.  ~ Foto Verskaf

’N MATRIEKLEERDER van Mitchells Plain is besig om te wys daar is nog soetigheid in die lewe.

Jodie Williams (17), van Rondevlei in die Plain, sê sy het te danke aan die lockdown besef dat sy ’n groot talent het vir bak.

Die gr. 12-leerder sê sy het ewe skielik ’n suikertand in die lockdown gekry en besluit om ’n sjokoladekoek te bak.

“Dit was die eerste keer dat ek ooit gebak het en dit was vir my ’n eye-opener dat ek alles kan doen waaraan ek dink.”

Aanbeveel

Williams het sedertdien nog nie haar menger neergesit nie.

Sy vertel haar eerste koek was so ’n hit dat haar familie haar bakkery by vriendinne aanbeveel het.

En van toe af is haar besigheid, Jodie’s Bakes, op almal se lippe.

“Om te bak bou my selfvertroue. Dit het my ’n doel in die lewe gegee.

“Dit help my om van stres ontslae re raak en is nou my passie.”

Hoewel sy haar bakplaat en menger vir ’n tydjie gaan wegsit om op matriek te fokus, sê Williams dit sal steeds haar tydverdryf wees.

“Dis my passie, maar ek wil graag ’n wetstoepassingsbeampte word.

“Ek wil wys dat daar goeie nuus vanuit Mitchells Plain kan kom en ek wil ook aan die jongspan daar buite sê dat hulle nie bang moet wees om te explore nie.

“Kyk waar het dit my gebring.”

Son wil haar alle sterkte wens. Miskien beveg sy misdaad op net so ’n soet manier.

As enige een tydens skoolvakansies van Wil­liams se dienste gebruik wil maak, kan hulle haar dan by 071 899 2609 bel.

KAMPIOEN-BAKSTER: Jodie Williams is gewild onder die Plain se suikertande. Foto: Verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters