3 maande gelede
Talle happy in dié geweste
LIEFDADIGHEID: Die organiseerders van die geleentheid is van Step Up Ministeries en Genesis 22 Outreach.  ~ Foto Verskaf

DIE Step Up Ministeries in Blackheath in samewerking met die groep Genesis 22 Outreach het Saterdag ’n smile op honderde se gesigte gesit.

Twee leraarspaartjies, Elbre en Lucinda Jacobs, en Garth en Samantha Adendorff, het koppe bymekaar gesit en in meer as 400 mense se behoeftes voorsien toe hulle kos en klere in Happy Valley geskenk het. Die begunstigdes sluit kinders, bejaardes en volwassenes in.

Elbre, van Step Up Ministries, sê die projek is soos ’n basaar aangebied.

Volgens hom kon 300 kinders en 150 volwassenes by die gebaar baat.

Elkeen het minstens vyf kledingstukke gekry.

Elbre is ook die stigter van die Step Up Associa­tion, ’n organisasie sonder winsbejag wat baie gemeenskapswerk doen. Hy bedank onder andere evangelis Julie de Bruin van Happy Valley wat die dag so mooi gereël en gesorg het dat alles perfek verloop.

Garth Adendorff van Genesis 22 Outreach sê alles het so gou gebeur toe hy en Elbre besluit om koppe bymekaar te sit vir die dag.

In minder as ’n maand het hulle die skenkings bymekaargemaak.

Garth sê dit het hom goed laat voel om die glimlagte op die kinders se gesigte te kon sien.

Inwoners het ook sop en breyani gekry.

Moeilike

Die bejaardes het kospakkies gekry en vir die kinders was daar lekkergoed.

Adendorff voeg by dat dit baie opgewondenheid by hulle geskep het om te sien dat hulle iets vir die mense beteken in dié moeilike tye waarin ons is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters