21 dae gelede
Sy gee regtig om
ENGEL: Dawn Roode is soos die moeder Teresa van haar gemeenskap.  ~ Peter Abrahams

SY IS sowaar die moeder Teresa van Kuilsrivier!

Sy maak seker mense se honger word gestil, hul siel word gevoed én sy maak seker sy bemagtig hulle in die proses.

Toe Dawn Roode jare ge­lede die Dawn Cares Community Outreach Projects and Food Kitchen begin het, het sy vir haarself gesê sy wil nie net nog ’n sopkombuis bedryf nie.

Roode vertel haar missie is om aan mense hoop te gee – hoop dat jou toekoms sal verbeter al woon jy op die straat of al is jy ’n slagoffer van geslagsgeweld.

Roeping

Roode sê sy wil mense se dignity herstel wanneer sy hulle ontmoet.

Dié oud-onderwyser sê haar roeping is om met die mees kwesbare mense in haar gemeenskap te werk.

Volgens Roode het sy jare gelede haar professie prysgegee om haar gemeenskap te bemagtig. Sy sê dis nie altyd maklik nie, maar beslis die moeite werd.

Roode verduidelik: “Dit help enige mens om elke dag ’n gesonde maaltyd te geniet.

“Dit gaan nie net oor die voeding nie, maar ook oor om teachings te gee en mense te bemagtig.

“Ek wil mense leer oor die storie van hoe om vis te vang sodat jy daardeur kos kan hê, in plaas van om net te ontvang.

“Dis die moeite werd om kwesbare en hawelose mense te voed, veral wanneer hulle werk kry.

“ ’n Mooi voorbeeld is dié van ’n hawelose paartjie wat onlangs getrou het. Dis ’n bewys dat lewens verander word.

“Ek geniet elke oomblik daarvan om mense te voed en my gemeenskap op te lig.”

GEHOLPE: Mense stroom na Dawn Roode vir kos en bemoediging. Foto: Verskaf

Volgens Roode het sy sewe dae ’n week haar program vanaf 10:00 tot 17:00 gehad, maar sy kan dit nou net vyf dae per week doen omdat sy ook besig is met ander projekte.

Sy vertel met dié dat sy onlangs ook as pastoor ingeseën­ is, preek sy nou en hou motiveringspraatjies.

Sy sê: “As deel van ’n groter uitreik-netwerk deel ons alles wat ons het met ander families en koskombuise.

Blessing

“Ons is regtig geseën met engele in die gemeenskap wat bestanddele skenk sodat ons kos en brood kan voorsien.

“Deur hierdie seëninge kan ons ’n blessing vir ons eie gemeenskap en ander gemeenskappe wees.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters