Verlede maand
Swartlanders speel touchies teen Frankryk
GEREED: Jo-Ann Witbooi (links), die afrigter, Brendon Kotella, en Carmenithe Willemse (regs).  ~ Foto Verskaf

’N PAAR opgewonde skoolmeisies van ­Kalbaskraal is lede van ’n groep wat dié naweek op Gardens Tech se velde touch rugby teen Frankryk gaan speel.

Jo-Ann Witbooi, Ashante Titus en Carmenithe ­Willemse van Stepping ­Stones, die plaaslike span, is die afgelope vier maande ­besig om te oefen.

Hulle neem deel aan ’n oefenkamp vir ’n vriendskaplike wedstryd teen Frankryk se touch rugby-vrouespan wat oor die naweek plaasvind.

Daar gaan ook Sondag verskeie ­wedstryde in die Kaapstad-sta­dion ­gespeel word.

Dit vorm deel van ’n oefenkamp om die vrouespelers meer aan internasionale touch rugby bloot te stel.

Volgens hul afrigter, ­Brendon Kotella, is daar ook ’n manspan wat al aan ­verskeie plaaslike toernooie deelgeneem het.

Kotella sê: “In Julie en September gaan hulle weer in Durban en Johannesburg aan toernooie ­deelneem.

Dit is motivering vir die spelers om aan internasionale toernooie deel te neem en ondervinding te kry.

“Ek het dié span begin omdat daar nie veel in die gemeenskap is om hulle mee besig te hou nie.

“Ons het tans drie spanne, wat die vrouespan insluit. Ek probeer die kinders van die straat af hou en hulle aan sport blootstel.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters