Verlede maand
Suid-Afrikaners beloon vir kindergeletterdheid
funda sonke
FUNDA Sonke  ~ 

DIE NASIONALE lees-vir-genot-veldtog, Nal'ibali, het onlangs ’n lojaliteitsprogram vir Suid-Afrikaners wat 'n verskil in die lees ontwikkeling van kinders wil maak, geloods.

Die program, FUNda Leader-netwerk, wat in isiXhosa kom ons lees almal beteken, wil die veldtog se netwerk van meer as 17 000 vrywilligers, oftewel FUNda Leaders, groei en ondersteun.

TukTukNalibali
Die program bring kinders saam en leer hulle om te lees.

Die FUNda Leader-netwerk bring Suid-Afrikaners saam om kinders te mentor om boeke en stories te lees en te geniet.

Om gereeld te lees, hou ook voordele in vir kinders, soos verbeterde skoolprestasies; beter werksvooruitsigte en hoër vlakke van selfvertroue. Daar is selfs voordele vir grootmense wat deel is van die projek.

FUNda Sonke-lede kan, deur aanlyn-opleidingskursusse te voltooi en aan maandelikse geletterdheidsuitdagings deel te neem, punte verdien

Deur aan verskillende aktiwiteite deel te neem kan lede ook pryse soos boeke, lugtyd en data wen.

Een gelukkige deelnemer staan ook die kans om aan die einde van die jaar die groot prys van ’n studiebeurs te wen.

Om gereeld te lees hou voordele in vir kinders.

"Met 17 000 aktiewe FUNda Leaders landwyd, was dit die regte tyd om die veldtog na die volgende vlak te neem," vertel Jade Jacobsohn, besturende direkteur van Nal’ibali. 

FUNda Sonke neem al die elemente van ons suksesvolle vrywilligersprogram aan en beloon Suid-Afrikaners vir die alledaagse toorkuns wat help om ons kinders te laat floreer.” 

Meer as 2000 mense van regoor die land het sedert die bekendstelling in April vanjaar, ingeteken. En om aan te sluit is so maklik.  

Om te registreer gaan na www.nalibali.mobi en volg  die stappe.

Vir meer inligting oor die Nal’ibali veldtog, om aan te sluit as ’n FUNda Leader, toegang te hê tot kinderstories in 'n reeks van Suid-Afrikaanse tale, of om die FUNda Sonke lojaliteitsprogram te join gaan na www.nalibali.org of www.nalibali.mobi.

Gaan loer ook op die Nal'ibali Facebook-blad en volg ons op Twitter by @nalibaliSA.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters