12 dae gelede
Stories bring verbeelding tot lewe
mthunzi motha,nalíbali
Stories gee lewe aan die verbeelding en laat kinders toe om te droom - Motha.  ~ Nal'ibali/Daniel Born

FUNda Sonke's het vir Mthunzi Motha, ’n 36-jarige inwoner van Katlehong, ’n wonderlike geleentheid gegee om met mense oor die hele land te kommunikeer en maniere te leer om geletterdheid in sy gemeenskap te help verbeter.

FUNda Sonke's – Xhosa vir “almal lees” – is ’n lojaliteitsprogram vir almal in die nasionale pretleesveldtog, Nal'ibali. Die program gee erkenning aan alledaagse helde soos Motha wat goedgunstig hulle tyd opoffer om lees in hulle gemeenskappe aan te moedig en te ondersteun.

Dit is ook ’n platform vir mense om hulle geletterdheidservaring,  suksesse en  uitdagings te deel, mekaar te ondersteun, en die drie gratis aanlyn modules te voltooi wat Nal’ibali aanbied.

Motha het in Junie ’n leesklub begin. Hy was toe reeds vir meer as ’n jaar deel van Nal'ibali en was een van die eerste mense wat by FUNda Sonke's aangesluit het toe dit in April bekendgestel is. Hy neem entoesiasties deel aan FUNda Sonke's se vele uitdagings en het al boeke en Shoprite-geskenkbewyse as pryse gewen.

“Ek het oor die radio van Nal'ibali gehoor. Dit het my geïnteresseer omdat ek ’n behoefte aan geletterdheidsaktiwiteite in my gemeenskap raakgesien het,” vertel hy.

“Ek is werkloos en het gedink wat kan ’n beter manier wees om my tyd te benut as om ’n leesklub te stig en só kinders te help om beter op skool te presteer?”

Voor sy betrokkenheid by FUNda Sonke's het Motha as ’n mentor en vrywilliger by skole in sy omgewing gewerk. Daar het hy vir kinders leierskapsvaardighede geleer en hulle ook met huiswerk gehelp.

“Die FUNda Sonke's-program het my die geleentheid gegee om met baie ander mense te kommunikeer wat ook geletterdheid gebruik om ’n verskil in hulle gemeenskappe te maak. Dit het my ook aangespoor om kinderstories te begin skryf,” sê hy.

“Ek hoop om eendag die stories met kinders buite my leesklub te deel en dit dalk as ’n boek saam te stel.”

Motha lees die stories wat hy in Zulu skryf vir die kinders in sy leesklub, wat twee keer ’n week bymekaarkom. Die klub sukkel om boeke in die hande te kry.

“Stories wakker kinders se verbeelding aan en laat hulle toe om te droom,” sê Motha.

www.nalibali.mobi

Nal’ibali
Die Nal'ibali program is 'n plek vir almal om hul ervaring, sukses en uitdagings te deel.
Nal’ibali
Mthunzi Motha het sy leesklub in Junie begin.
Nal’ibali
Voor FUNda Sonke het Mthunzi Motha kinders by skole in die omgewing gementor met leierskapvaardighede.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters