21 dae gelede
Stigting stel kankerlyers se needs eerste
helpende hande: Sharon Ford, Heidi Siljeur, Reagan Siljeur en Igshaan Toefy support kankerpasiënte.Foto verskaf  ~ 

DIE Siljeur Foundation het onlangs ’n liefdadigheidsfunksie gehou om kankerbewustheid te skep.

Die groot behoefte aan disposable­ nappies” vir kankerpasiënte­ in Mitchells Plain is in die kollig geplaas.

Daar is ook geld ingesamel vir die aankoop van nappies wat aan die FROGG Centre-steungroep vir kankerpasiënte­ in Mitchells Plain geskenk sal word.

Volgens Reagan Siljeur, voorsitter van die stigting, is dit hulle passie om hul gemeenskap, veral kankerpasiënte, se belange eerste te stel. Hulle doel is om elke aspek van mense se lewe te verbeter.

Nagedagtenis

“Kankermedikasie is peperduur. Ek weet dit, want my ma is self aan longkanker dood.

“Dit is die rede waarom ek en my familie betrokke geraak het en die foundation­ begin het. Ter nagedagtenis aan ons ma, Maureen Siljeur.”

Die akteur en onderwyser Nathan Fredericks het as MC opgetree.

Hy sê hy het nie gehuiwer om betrokke te raak nie aangesien hy sy ma, Ursula, ook aan kanker afgestaan het.

Siljeur het al hul sponsors bedank vir hulle rol in die sukses van die funksie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters