3 maande gelede
Sport baan weg
bal-jaar: Twee van die netbalspanne wat aan die toernooi deelgeneem het, in aksie.  ~ 

DIE organisasie Sports against Crime South Africa (Sacsa) het vanjaar reeds talle byeenkomste gehou.

Die eerste een is in Fe­bruarie by die Laerskool Rainbow in Wesbank aan­gebied en die polisie het ook hul deel bygedra.

Vincent Daniels, die president van Sacsa, het gesê die misdaadsyfer in die Wes-Kaap is so hoog dat die organisasie sal aanhou om sporttoernooie aan te bied om misdaad te help beveg.

Vroeg in Maart is ’n sokker- en netbaltoernooi in Lwandle in die Strand aangebied.

Einde Maart is ’n sokker- en netbaltoernooi by die Metodistelaerskool in Philippi-Oos gehou.

En onlangs was Sacsa in Swellendam, waar ’n sporttoernooi by die Laerskool Bontebok gehou is. Volgens Daniels is sokker, raakrugby en netbal gespeel.

Onder die rolspelers wat die dag help moontlik maak het, is Anika Fransman, Mark Conrad en die per­soneel van die Railton Foundation Swellendam, AO Maureen Hartzenberg van die polisie se afdeling teen social crime, Old Mutual en Oasis Helderberg van die Strand.

Volgens Daniels wil hulle help om die voorkoms van veral dwelmgebruik, alkoholmisbruik en geweld te verminder.

Ná afloop van die verrigtinge in Swellendam is Shackilaque Solomons in die afdeling vir juniors aangewys as die netbalspeler van die toernooi.

In rugby is Gammat October van Stars gekies as die speler van die toernooi.

Die KFC-wenner was Jake Williams.

Wat sokker betref, was die speler van die toernooi Denzo Pekeur van Cleverboys, en die senior wenner was Dume Haritshammer van Barca.

Al die pryse is deur Old Mutual geskenk.

  • Vir nog inligting, bel Daniels by 082 865 1144 of besoek gerus Railton Foundation se kantoor in Swellendam.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters