21 dae gelede
Spite virus met ’n kite

DAAR is niks daarmee verkeerd om jou te midde van ’n pandemie kite-gat te hou nie.

Dis nou letterlik en figuurlik gesproke!

Die Baai is nie verniet bekend vir sy winderigheid nie.

Dit bied kinders die perfekte weerstoestande om hul eie vlieërs­ te bou en te midde van Covid-19 en al sy drama steeds net kind te kan bly.

Son se Theo Jeptha het ’n bietjie tyd saam ’n handvol kite-malles deurgebring en dit op kamera vasgelê. 

span die seile: Mario Swartbooi (12) maak in Helenvale reg om die lug aan te vat.
bielie: Wayde Bowkers (links) en Adrian Benjamin (regs) help hul vriend Khalifa Aspelling om Khalifa se kite reg te kry vir die lug. Khalifa se kite is die grootste in Gelvandale.
tog te lekker: Ethan Munnick vlieg ’n kite op die brug naby Baywest.
vry: A-Jay van Rooyen (13) staan in Gelvandale op sy dak om sy kite te vlieg.
groot pret: Swartbooi en sy vriende geniet elke oomblik.
so: Mario Swartbooi van Helenvale wys hoe hy sy kite maak.
WOW! Nathan Munnick geniet die perfekte sons­ondergang met sy vlieër. Foto’s: theo jeptha
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters