4 maande gelede
Spesiaal vir kids
trust: Zahid Badroodien (met rooi das) pose met personeel van die Wolwerivier Early Childhood Development Centre.Foto’s: STAD KAAPSTAD  ~ 

DIE Wolwerivier Early Childhood Development Centre (WECDC) maak binnekort oop.

Die Stad Kaapstad se departement­ van maatskaplike ontwikkeling en vroeë kinderontwikkeling het die WECDC onlangs amptelik aan die Wolwerivier ECD, ’n maatskappy sonder winsbejag (NPO), oorhandig.

Die ongeveer 150 kinders wat die fasiliteit naby Melkbosstrand sal benut, sal deur 27 operateurs onderrig word.

Die oprigting van die WECDC het R6 miljoen gekos. Dit beslaan 1 400 m². Die klasse behoort volgende Dinsdag te begin.

Zahid Badroodien, die maycolid van die Stad se gemeenskapsdienste en gesondheid, sê die lang wag vir die WECDC was die moeite werd.

Badroodien voeg by: “Dit is belangrik vir ’n kind se ontwikkeling dat die grondslag gelê word vir hom of haar om op ’n vroeë ouderdom te begin leer.

“Ek hoop die gemeenskap van Wolwerivier benut hierdie fasiliteit.”

Badroodien sê dis belangrik dat die Stad aan die vroeëkinderontwikkeling-sektor vooruitgang en stabiliteit bied.

Die maycolid verduidelik: “Navorsing toon dat die grondslag van ’n kind se leerproses verreikende gevolge het vir die res van sy of haar lewe.

“Ons besef dat ECDC’s nie altyd gunstig geleë is nie en dat almal ook nie bevredigend funksioneer nie.

“So, dít is waarom ons heeltyd belê daarin om fasiliteite op te rig wat deur onafhanklike operateurs bestuur kan word.”

Badroodien sê benewens konstruksiewerk, werk sy departement ook nou saam met die Wes-Kaapse regering om seker te maak ECDC’s voldoen aan gesondheidsvereistes, bou­regulasies en dat dit nie ’n brandrisiko inhou nie.

Hy voeg by: “Net wanneer hulle aan ál die vereistes voldoen, word hulle geregistreer.”

Badroodien sê hulle bied die ECDC-personeel opleiding in kinderonderrig en -veiligheid.

Die Stad verskaf aan die ECDC’s ook speelgoed, veiligheidstoerusting en ander noodsaaklikhede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters