3 maande gelede
Spanje wink
Sportman: Dillen in aksie op die veld.  ~ Verskaf

“EK HET nooit geweet ek kan sokker speel nie.”

Só sê Dillen Karelse (18), ’n gr. 12-leerder van die Hoërskool Strandfontein, wat uit meer as 250 jong sokkerspelers gekies is om in Junie aan ’n toernooi in Spanje deel te neem.

Dillen het grootgeword met straatsokker en sê hy het nie geweet hy’t talent nie. Dit was maar twee jaar gelede toe hy die Strandfontein Seagulls gejoin dat hy as o. 16-speler op die veld gedraf het.

Dit was nie lank nie, toe promote coach Morné de Lange hom na die eerste span.

Hy is aangewys as most im­proved player en top-doelskieter vir sy klub se eerste span.

Dillen sê hy kan enige posisie speel, maar hy voel tuis as middelveldspeler.

Hy sê: “My span het toe die liga gewen. En ek het verlede jaar weer toekennings gekry vir my bydrae.”

Die scout wat Dillen raakgesien het vir die Spanje-toernooi is Graham Marlon.

Marlon sê: “Dillen blink uit en is gekies uit meer as 250 spelers vir die midfield position.”

Dillen se trotse ma, Daisy, sê hulle kan nie bekostig om Dillen Spanje toe te stuur nie.

“Dit kos R37 500 en ons vra vir enige donasies, asseblief.”

  • Son-lesers wat wil help, kan Daisy Karelse gerus bel by 084 013 4432 of e-pos haar by daisykarelse1969@gmail.com.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters