Verlede maand
Song gee hoop as jy stuck voel
 Eon le Roux
Sing saam: Eon le Roux het die song “Walk Away” saam met die Rus Kevin Moreno opgeneem.  ~ foto verskaf

DIS nie nodig om in ’n verhouding te wees wat jou afbreek nie. Jy kan uitstap en in oorwinning weer oorbegin.

Só meen die sanger Eon le Roux van Port Elizabeth wat onlangs sy song “Walk Away” saam met die Russiese sanger Kevin Moreno opgeneem het.

Julle sal die talentvolle Eon onthou van laas jaar se The Voice SA-sangkompetisie waar hy dit tot in die topvyf gemaak het.

Uitkoms

Kevin het Eon op Instagram gesien perform en hom toe genader om die song te record.

Eon verduidelik waaroor die lied gaan: “Die song ‘Walk Away’ gaan weer nuwe hoop gee vir diegene wat vasgevang voel in verhoudings.

“Daar is ’n uitkoms, maar jy moet net die besluit neem.”

Jy kan gerus na die video van die twee sangers se nuwe song op YouTube gaan kyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters