20 dae gelede
Son se Tuindag-wenners
Margo Wannenberg
Margo Wannenberg van Touwsrivier se tuin.  ~ Foto Verskaf

VYF gelukkige Sonlanders het elk 'n R500 Checkers-geskenkbewys gewen in jou gunsteling koerant se Tuindag-kompetisie.

Die Gardashians, soos Sonlanders met 'n onblusbare liefde vir tuinmaak genoem word, het as deel van Tuindag, wat op 20 Oktober gevier is, foto's aangestuur om hul tuine af te show.

Garden Day is begin deur Candide, 'n app om tuiniere met mekaar te verbind. Candide beskik oor inligting oor plante en wenke om plante te groei.

Candide sê tuin-entoesiaste het op Tuindag hul ondersteuning gewys deur blomme-krone te dra. 

Lesers is ook met die aanloop tot Tuindag gevra om foto's van hul tuine te deel.

Die volgende vyf wenners is gekies en wen elk R500 Checkers-geskenkbewys:

  • > Dawn en Hamisch Davids;
  • > Margo Wannenberg van Touwsrivier;
  • > Carol Geyers van Bethelsdorp;
  • > Anna Johnson van Ceres;
  • > Joseph J. Neer van Kraaifontein

Dankie aan almal wat deelgeneem het

Carol Geyers van Bethelsdorp het gewen vir haar mooi tuin.
Margo Wannenberg
Margo Wannenberg van Touwsrivier se tuin.
Dawn en Hamisch Davids
Dawn en Hamisch Davids show hul tuin maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters