13 dae gelede
Son gee terug
Vir goeie doel: Voroshski Jansen (links), Alvira Kleinhans, Chandre Geduld, Grant Johnson en Francois Snell is op ’n mission om mense se harte warm te laat klop. Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

SON hou nie net een keer ’n jaar Madiba-dag nie.

Ons dink elke dag aan ons lojale lesers in ons minderbevoorregte gemeenskappe. En om dit te wys, het ons in samewerking met TC Events onlangs in die Paarl koerante aan bejaarde inwoners van die Rusthof Tehuis uitgedeel.

So ook by die Andrew Murray Kinderhuis in Wellington en die Silwerkruin Huis vir Bejaardes ook in dié dorp.

Volgens Son se sirkulasiebestuurder, Voroshski Jansen, was die doel om terug te ploeg in die gemeenskap deur ’n goeie daad te verrig.

  • Van Vrydag tot gister is byna 9 000 koerante by hierdie drie instellings en in die res van die Paarl-omgewing uitgedeel.

En was ons lesers nie aangenaam verras nie!

Baie was dankbaar en sommige was heel uit die veld geslaan oor hierdie gebaar.

Hulle kon Son en TC Events nie genoeg bedank nie.

Son beoog om hierdie programme voortdurend in verskillende gemeenskappe te doen. 

Belofte: Voroshski Jansen sê meer sulke uitreikprogramme gaan in die toekoms volg.
Leesstof: Francois Snell is ’n lid van die Son-span wat byna 9 000 koerante uitgedeel het.
Kry vir jou: ’n Dankbare James Scheepers ontvang sy koerant van Grant Johnson.
Die ou: Voroshski Jansen deel koerante uit.
Vir goeie doel: Voroshski Jansen (links), Alvira Kleinhans, Chandre Geduld, Grant Johnson en Francois Snell is op ’n mission om mense se harte warm te laat klop. Foto’s: Jonathan Lestrade
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters