5 maande gelede
Son en lesers is ’n wenspan
onse mense: Van die lesers op die “Diva vir ’n Dag”-event pose met Llewaynne Niekerk van Son (heel regs).Foto’s: peter abrahams  ~ 

DIT is vir Son ’n plesier om talle vroue en kinders te laat glimlag met sy liefdadigheidswerk.

En vanjaar was Sisters Incorporated (SI) die begunstigde van die opbrengs van Son se jaarlikse “Diva vir ’n Dag”-event in Julie.

SI bedryf ’n veilige hawe vir mishandelde vroue en kinders.

Shanique Hay­ward van Son se bemarkings­afdeling het die event gereël.

Hayward het SI benoem as begunstigde omdat hy sulke goeie werk vir vroue en kinders doen.

Hayward sê organisasies soos SI verdien om beloon te word vir die wonderlike werk wat hulle doen.

Son het onder meer toiletware, eetgoed en kombuis­toebehore aan SI geskenk.

verligting: Delene Roberts van Sisters Incorporated (links) ontvang skenkings van Shanique Hayward van Son.

Die skenking is onlangs aan die bestuurder van SI, Delene Roberts, oorhandig.

Hayward bedank elke leser­ wat die event bygewoon het. Sy sê dis net danksy hulle bywoning dat Son vir SI kon help.

Roberts sê sy was heeltemal oorbluf toe SI as die begunstigde benoem is.

Roberts sê: “Ons het self tickets gekoop om die show by te woon, want ons ondersteun wat Son doen.

Verlig

“Min het ons geweet dat ons die begunstigde sal wees.”

Roberts bedank nie net Son nie, maar ook elkeen wat die event bygewoon het.

Sy sê die skenkings sal vreeslik baie help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters