Verlede maand
Son en Jarrad maak leerders prioriteit
jarrad ricketts,son
Jarrad Ricketts motiveer die leerders van Golden Grove Primêr in Rondebosch.  ~ Earl September

ONS kinders is ons toekoms.

Om hierdie rede partner jou gunsteling-koerant in 2020 met die liedjieskrywer en sanger Jarrad­ Ricketts.

Son en Jarrad gaan deur die loop van die jaar op ’n skole-toer om leerders nie net deur musiek te motiveer nie, maar ook opwindende inisiatiewe oor die Fourth Industrial Revolution na skole te neem.

Die eerste besoek, in samewerking met MTN, was aan die begin van die akademiese jaar by Golden Grove Primêr. Jarrad het met die leerders gedeel hoe hy sy loopbaan begin het – deur in die stort te sing en homself te record.

Sy boodskap aan die jong mense is om in hulself te glo en nie toe te laat dat hulle omstandighede of waar hulle vandaan kom, hulle toekoms bepaal nie.

“Ons kinders is belangrik en dit gaan nie net oor geld maak nie, maar om ’n kind te bemagtig,” aldus Jarrad.

Hy voeg by: “Ek partner met Son omdat dit so groot is en alles sien.”

Golden Grove Primêr se eerste vroulike skoolhoof, Dawn Petersen, het die span met ope arms verwelkom.

“Dit is goed om te sien watter positiewe impak Son en Jarrad maak en die wyse waarop daar in kinders belê word. Dit is ook goed om te sien dat besighede soos MTN deel in Jarrad en Son se visie om in kinders te belê.”

Toegewyd

Sy vertel sy het ’n wonderlike span wat saam met haar by die skool werk.

“Ek doen my bes en verder bly ek positief en toegewyd om die beste vir almal te verseker.”

Petersen, ’n Son-leser, was so bly hulle is as die eerste skool gekies. Die span is genooi om weer in te loer, want daar is nog baie stories om te vertel.

  • = Skole en besighede wat deel van die projek wil wees, kan ’n e-pos stuur aan info@son.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters