Verlede maand
Soldate maak leerders se harte bly met ’n skenking
goue harte: Soldate by die kinders wat die klere en skoene ontvang het.Foto’s verskaf  ~ 

UPINGTON. – Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Groep 23 in Louisvale het die noodkreet van behoeftige kinders gehoor en skooltruie en skoolskoene geskenk.

Die skenkings kom uit die soldate se eie sakke.

Die inisiatief het deel gevorm van Mandeladag op 18 Julie. Altesame 68 leerders het óf skooltruie óf skoolskoene ontvang. Die leerders was baie bly oor die skenking en die waardering vir hierdie goeie gebaar is groot.

Die truie en skoene is oorhandig by ’n geleentheid by die Intermediêre Skool Frank Biggs waar die belangrikheid van omgee vir jou naaste beklemtoon is.

Die weermaglede het ook die gr. R-terrein skoongemaak en ook lekkernye aan die leerders oorhandig.

Die prinsipaal, Wally Cloete­, sê: “Om so baie blye gesigte te kon sien en harte wat oorloop van dankbaarheid, was vir ons personeel ’n riem onder die hart en ons is dankbaar vir Groep 23 (Alfa-kompanie) hier in Louisvale.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters