5 maande gelede
Slim cop laat harte 'klop'
talent: AnnMaree Barry met haar erotiese boeke.Foto: KEITH MEYER  ~ 

SERSANT AnnMaree Barry, ’n petite crime-fighter, is nie jou alledaagse cop nie.

Veral nie ná haar draai in die TV-program Kô, Lat Ons Praat, oftewel KLOP!, nie.

Barry, wat gestasioneer is in Calitzdorp, is een van die bekendste skrywers in die Karoo. Sy is ’n erotiese skrywer wat nie terughou as sy oor die liefde skryf nie.

En met reeds vier boeke uit haar keyboard, kan niemand meer stry dat sy haar merk in die letterkunde-oerwoud gemaak het nie.

Barry, die ma van drie kinders, is nou ook deur KLOP! raakgesien.

Sy het onlangs op Heindrich Wyngaard se KLOP!-bank haar liefde vir kontroversiële skryfwerk met die land gedeel.

Boonop het sy ook ’n voorliefde vir slange van alle diere!

Haar eerste twee boeke, Niemand en Die Swaai, is witwarm asem-opjaag-romans en bevat grafiese beskrywings van die seksdaad.

“Almal is skaam oor seks, tog doen ons almal dit,” sak Barry af.

Afvlerkvoëls vertel die verhaal van ’n plaasaanval en die versoenende herstel as mense van verskillende rasse saamwerk.

En terwyl menige skrywer nie maklik oor gays sal skryf nie, het Barry sommer die bul by die knaters gepak in haar nuutste boek, Jaar van Skandes.

Hierdie verhaal oor ’n gay girly speel af in Barrydale en vertel haar verhaal om aanvaar te word in haar ouerhuis, by die skool en in die gemeenskap.

Sy sê: “Ek moes al baie koppe stamp oor hierdie boek.”

In KLOP! het Barry aan Wyngaard erken dat sy nie toelaat dat haar kinders haar boeke lees nie.

“Dis vir volwasse vroue geskryf,” het sy op nasionale TV verduidelik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters