Verlede maand
Shoprite doenit vir onse mense
stap vorentoe: Shoprite het vanjaar verskeie mylpale bereik, waaronder die stigting van kosmarkte vir gemeenskappe.FOTO VERSKAF  ~ 

EN DAAR doen die Shoprite Groep dit toe weer.

Vanjaar het Shoprite surplus-kos en ander goodies ter waarde van R60,4 miljoen aan geregistreerde charities gegee én meer as 20 miljoen maaltye aan gemeenskappe in nood uitgedeel.

Baie van die groep se 90 kostuine, waarvan 39 vanjaar gestig is, is toegang tot die markte gegee vir ekstra inkomste vir die gemeenskappe.

Shoprite het ook 53 miljoen R5-deli-maaltye verkoop en produkte gesubsidieer ter waarde van R141 miljoen, wat ’n allemintige 56 miljoen brode insluit.

Opgelei

Die groep gee werk aan 147 268 mense in 15 Afrikalande en het vanjaar 3 175 werkgeleenthede geskep.

Die retailer het ook in die dieselfde tydperk 155 000 mense opgelei, insluitende werklose jongmense.

In die akademiese jaar 2018 het die winkelgroep ook 298 beurse befonds – ter waarde van R16,3 miljoen.

In Shoprite se Sustainability Report vir die boekjaar 2019 werk hy saam met die United Nations se Sustainability Development Goals.

Die fokus daarvan is om hongersnood te beveg, die jeug toegang tot goeie onderwys te gee en ordentlike werk te gee. Daar word ook na volhoubare produksie gekyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters