13 dae gelede
Seuns kan ook krulle hê
The Local Blogger
The Local Blogger sweater-reeks bekendstelling / Chad Biegenaar (TLB), Alex Johnson, Cleveland Hopp en Trevino Southgate  ~ Rezeen Daniels

TERWYL baie sy ouderdom maar nog hul mondigwording vier het Chad Biegenaar groot toekomsplanne.

Die sielkunde en taal-student noem die bekendstelling van sy nuwe sweater-reeks, wat fokus op mans met krulhare is maar net die begin.

Biegenaar het in 2017, tydens die bewusmaking van natuurlike hare vir vroue, die idee gekry om iets soortgelyk vir mans te doen.

Hy het toe The Local Blogger, wat oor meer as net mans met natuurlike krulhare gaan, begin. TLB het vinnig onmisbaar begin raak op sosiale media platforms en die naam en inhoud praat vir hulself.

Biegenaar, deurmiddel van sy blog, fokus op plaaslike brands, produkte, besighede, ontwerpers, mode, kos en events. Nog 'n doel van TLB is om locals te wys duur is nie altyd die beste nie, maar dat goedkoop ook waarde het.

Biegenaar self het van kleins af 'n krulkop gehad en soos die lewe maar sy koers gevat het, het society norms hom oortuig om sy hare 'straight' te maak.

Hy noem: "Dit was die grootste fout van my lewe.

"Na ek my hare straight gemaak het, het ek besef dis nie wat ek wil hê nie en dat ek eintlik 'gedwing' was om dit te doen. Ek het toe my krul-kop aanvaar en vandaar het ek meer bewondering daarvoor opgedoen." 

Hy reken sy nuwe sweater-reeks sal mans 'n platform bied om hulself te beklemtoon en hul natuurlike krulle te aanvaar.

Die 21-jarige voel ook mans moet dieselfde geleenthede gegun word en nie net fokus op vroue se natuurlike hare nie, maar ook die van mans.

Dit krap ook aan hom dat seuns op skool nie hul hare kan dra soos hulle wil nie, veral seuns met krulkoppe.

"As jou hare netjies is, is dit al wat saak maak, dan nie?"

Hy noem die aanvaarbare haardraad straight is regoor die wêreld, maar daardie denke moet verander.

"Met my sweater-reeks, van vyf ontwerpe, wil ek die stereotipe breek en mans laat glo daar is niks fout om jou krulkop te embrace nie."

Die slagspreuke van die ontwerpe is hoekal: "Bru, my curls are popping; Curly haired en I'm embracing my natural hair".

Biegenaar noem: "Jou hare is wie jy is. As jy nie jou hare aanvaar nie, aanvaar jy nie wie jy is nie." 

The Local Blogger
The Local Blogger sweater-reeks bekendstelling / Cleveland Hopp, Trevino Southgate en Alex Johnson
The Local Blogger
The Local Blogger sweater-reeks bekendstelling / Chad Biegenaar (TLB), Alex Johnson, Cleveland Hopp en Trevino Southgate
The Local Blogger
The Local Blogger sweater-reeks bekendstelling / Chad Biegenaar (TLB), Alex Johnson, Cleveland Hopp en Trevino Southgate
The Local Blogger
The Local Blogger sweater-reeks bekendstelling / Cleveland Hopp
The Local Blogger
The Local Blogger sweater-reeks bekendstelling / Trevino Southgate
The Local Blogger
Stigter van The Local Blogger, Chad Biegenaar, by sy sweater-reeks bekendstelling

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters