6 maande gelede
Sang innie tuine
krismis in kirstenbosch: Kom sing saam aan Kersliedere.Foto verskaf  ~ 

DIS weer daardie tyd van die jaar om Christmas carols­ te sing.

En ’n spesiale geleentheid daarvoor is van 13 tot 16 Desember in Kirsten­bosch.

Dis die 30ste keer dat dié jaarlikse geselligheid aangebied word.

Die Rotary Club van Kirsten­bosch reël dit en Pick n Pay is die borg.

Besoekers sal ouder ­gewoonte­ weer heerlik kan sing, lekker eet en hulle verwonder aan die duisende glow sticks wat die lug sal ophelder.

Daar sal ’n verskeidenheid stalletjies wees. Bring dus maar kontant of die kaart saam.

Die stalletjies sal van 18:00 oop wees en trade tot 19:45, waarna die Kersliedjies gesing sal word.

Die stalletjies behoort in ál jou behoeftes te voorsien. Jy hoef basies net jou piekniekkombers te bring.

Kersgoedere soos hoede­, kouse, boomversierings, en so meer, sal beskikbaar wees.

Drank

Wat eet- en drinkgoed betref, sal hamburgers, hot dogs, pies, tjips, biltong, koffie en ander warm drankies, en vele meer te koop wees.

Daar sal ook voor­siening gemaak word vir vegeta­riërs. Net sterk drank is nie te koop nie, maar jy kan jou eie saambring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters