2 maande gelede
Rusthof se taxi’s is sleë vol presente dié Krismis
goeie harte: Lede van Rusthof se taxi-vereniging by die hampers wat hulle aan die behoeftige mense geskenk het. Foto: ian baard  ~ 

’N STUK of 22 taxi-eienaars van Rusthof se taxi-vereniging in die Strand het verskeie behoeftige mense se harte hier kort voor Krismis bly gemaak met hampers kos.

Volgens Lucas Groenewald, voorsitter, is dié vereniging vanjaar tien jaar oud. Daarom het hulle dit goedgedink om as teken van waardering die hampers ter waarde van R300 elk aan die behoeftiges te skenk.

Die mense wat die hampers ontvang het, het gesê hulle is baie dankbaar vir dié daad van liefde wat die taxi-vereniging openbaar het.

Een vrou het gesê dit het haar Krismis gemaak.

Groenewald het ook die gemeenskap bedank wat al die jare die taxi’s in die Strand ondersteun.

“Ons wil baie graag ’n goeie diens aan die gemeenskap lewer, maar ons kan dit net doen as ons die steun van die mense kry,” sê hy.

As pendelaars probleme met die taxi’s ondervind, kan hulle Lucas Groenewald gerus bel by 083 231 8504, Steven Gibbons by 084 702 3282 of Noor Adams by 081 387 7333.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters