4 dae gelede
Raadslid gee om
Kim Syster van die sepie Binnelanders ondersteun ook die projek.  ~ Foto Verskaf

MINDERBEVOORREGTE meisies van Clanwilliam wat nie elke maand sanitêre benodigdhede kan bekostig nie, kan vir eers net op hul skoolwerk fokus.

Die leerders sal dit voortaan maandeliks by die Sanitary Project kan kry.

Volgens rdl. Maxwell Heins het sy projek sy ontstaan uit Madiba-dag gekry.

“Ek het eks­tra geld gehad en besluit om ’n care package vir die gr. 12- en gr. 7-meisies bymekaar te sit.”

In die care package was sanitêre doekies, seep en ’n waslap.

“Hoe die leerders dit ontvang het, was genoeg oortuiging om met so ’n projek te begin.”

Heins sê hy het medelye met veral die leerders van omliggende plase.

“Alle leerders kom met verskillende uitdagings, maar jong meisies het een ding gemeen: Baie van hulle is nie so bevoorreg om elke maand toiletware te koop nie.

“Hulle sal by die projek kan baat vind.”

Ruimhartigheid

Kim Syster, wat die rol van dr. Jax Davids in Binnelanders vertolk, is ’n ambassadeur vir die projek. Die projek het verlede week sy eerste oorhandiging by die Clanwil­liam Sekondêre en Sederberg Primêre Skool gedoen.

“Die projek word wel uit my kantoor gedoen, maar daar is geen geld van die raad af nie. Clanwilliam se inwoners se ruimhartigheid dra die projek.”

HELP: Rdl. Maxwell Heins (heel links) Charné Henderson, Christlen Snygans, Vèandrè Arendse en Peter Jenzil werk almal aan die Sanitary Project. Foto: Verskaf

In die eerste oorhandiging is 23 pakkies aan elke skool geskenk.

Die pakkies word by die skool gestoor en onderwysers deel dit dan uit.

By die Sederberg Primêre Skool is Jesvida Steenkamp en Charnelle McKenzie aan bewind en by die Clanwilliam Sekondêre Skool is dit Vèandrè Arendse en Christlen Snygans.

Heins sê die projek gaan nog verder uitbrei.

In die eerste oorhandiging is 23 versorgpakkies aan elke skool geskenk. Die pakkies word by die skool gestoor en uitgedeel. Die onderwysers bestuur die projek. By Sederberg Primêre Skool is Jesvida Steenkamp en Charnelle Mckenzie aan bewind van sake en by Clanwilliam Sekondêre Skool is Vèandrè Arendse en Christlen Snygans.

Heins sê die projek gaan nie net by care packs bly nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters