24 dae gelede
Program van kerk hou jeug van die straat af
ysrp
Jongmense by die youth safety religious program in Strandfontein.  ~ Verskaf

Tussen 60 en 140 jongmense word die Junie-vakansie by die Strandfonteingemeenskapsentrum met aktiwiteite besig gehou.

Die doel van die Youth Safety Religious Programme of YSRP is om jongmense uit die kloue van gevaar te hou.

Die program deur die A.G.S Kerk van Suid-Afrika hoop om geld te skenk aan kerk om tydens die skoolvakansie ‘n veilige omgewing vir jongmense te skep.

Dit hoop ook om jongmense uit die kwaad te hou en hulle positief te beinvloed.

Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, noem sy departement het besluit om kerke te fund om jongmense tydens die vakansie veilig te hou.

“Die program het van 44 gegroei tot 403.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters