4 maande gelede
Plaaslike imam altyd beskikbaar om te help
’N HELPENDE HAND: Imam Refaat Carolus besoek oom Piet Maarman (96).  ~ Foto Verskaf

HOPEFIELD. – ’n Imam, Refaat Carolus, en nog Moesliems het op Vryheidsdag kos aan bejaardes bo 80 uitgedeel. Twee gemeenskapsaktiviste, Magrieta Maarman en Isabel Hendricks, het ook gehelp.

Bejaardes, die Rasta-gemeenskap, drie kleuterskole en bakkers wat small business entrepreneurs is, het almal daarvan gekry.

Hendricks en Maarman sê hulle is baie dankbaar vir die imam en sy vrou, Farieda, vir wat hulle vir die mense van Hopefield doen.

“Dit is gedoen op Vryheidsdag, want dit is soos Madiba wou gehad het dat mense moet interact.

“Ons sê ook dankie aan twee aktiviste, Krisjan George en Japie Snyders, wat hul eie petrol gebruik het om die pakkies aan te ry.”

Volgens die gemeenskapswerkers staan die masjied se deure altyd oop vir die gemeenskap as mense hulp nodig het.

“Die imam en sy vrou gaan uit hul pad uit om mense te help.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters