16 dae gelede
Paartjie deel liefdesgeheim
gelukkig: Oom Hendrik en antie Nieta Joseph pledge nogmaals hul liefde aan mekaar ná ’n halwe eeu in die huwelik.Foto: Basil Davids  ~ 

ROBERTSON. – ’n Egpaar van dié dorp het hul geheim vir ’n lang huwelik gister op Valentynsdag verklap.

Oom Hendrik en antie Nieta Joseph, wat al oor die 70 trek, is hierdie jaar ’n volle 50 jaar getroud.

Gister het die twee weer hul liefde aan mekaar gepledge en belowe dat net die dood hulle sal skei.

Oom Hendrik het nog nie sy touch verloor nie en het aan sy bruid ’n pragtige roos gegee.

Antie Nieta het gebloos en sê haar hart klop steeds vinnig wanneer die oom haar so bederf.

Die gesonde couple het in 1971 getrou en word nog elke dag wat God hulle gee, ál liewer vir mekaar.

“Die resep vir ’n lang, gesonde huwelik is om net aan Hom, onse Skepper, te glo,” sê antie Nieta.

Volgens die antie het sy en manlief hul goeie waardes van hul ouers geleer.

Oom Hendrik verduidelik die feit dat hulle nog elke dag hul huwelik saam op die rots van God bou, is wat hul huwelik so gesond en op die pad hou.

Vroulief spog en sê dat sy nog elke dag lekker bederf word.

“Wanneer dit die dag nie goed gaan nie, bid ons oor die saak en sorg dat niks oor ons huwelik kom nie,” verduidelik antie Nieta ernstig.

Sy voeg by hulle is geseën met ’n tweeling wat hierdie jaar ook hul 50ste verjaardag sal vier.

Dan het die sprankelende couple ook nóg twee pragtige dogters.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters