2 maande gelede
Ou slat slag vir kinders
help jonges: Chris “Lighting” Mugisho by die ring in sy boksklub.Foto’s: leon bonthuys  ~ 

HY WIL kinders wat in agtergeblewe plekke bly, graag bystaan en hulle gelukkig maak.

Daarom bied die bokser en afrigter Chris “Lighting” Mugisho ’n bokstoernooi in Seepunt aan. Hy wil geld insamel om toerusting te koop vir kinders op die Kaapse Vlakte.

Mugisho besit The Ring Reloaded Boxing Club in Seepunt en sakelui, studente, kinders en vroue oefen by sy klub.

“Daar is een boksklub elk in Khayelitsha, Mitchells Plain, Langa, Philippi en Houtbaai.

“Baie van die kinders kom uit moeilike omstandighede en kom uit areas­ waar drugs gebruik word.

“Daar is baie kinders in die gebiede wat boks en hulle het hulp nodig. Die kinders het baie potensiaal.

“Ek probeer toerusting vir hulle kry en ook om die plekke waar hulle oefen, te verbeter.”

maak ’n verskil: Chris “Lighting” Mugisho en Q Rock span kragte saam.

Mugisho sê hy is baie lief vir boks en vir kinders.

“Ek gebruik my eie geld en wil graag hê dat beter toerusting aangeskaf word.

“Boks het van my ’n beter mens gemaak en ek dink aan ander mense en ek het respek vir my familie.”

Mugisho sê boks hou ’n mens fiks en dit help hom om te ontspan.

Om die bokstoernooi meer oemf te gee, gaan Q Rock en ’n hip-hop-dansgroep ook optree.

Altesaam 15 amateur-gevegte sal die aand aangebied word en 6 klubs is betrokke.

Die toernooi wat Mugisho aanbied, is op Saterdag 25 Augustus in die Artem Centre, Hoofstraat 277 in Seepunt. Die deure maak 18:00 oop en kaartjies kos R200 by die deur of R150 as jy voor die tyd boek.

Vir meer besonderhede email box@thering­reloaded.co.za of skakel 082 404 1092 of 021 433 1050.

Mense wat die klub wil help, kan ook die bogenoemde nommers skakel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters