16 dae gelede
Ons plek kry hulp
HELPENDE HAND: Ali Sablay, projekbestuurder van Gift of the Givers, laai kos af.  ~ Peter Abrahams

SOOS talle besighede erg geraak word deur die corona-virus,word shelters ook geraak.

Dan is daar baiekeer iemand wat hand uitsteek en shelters of plekke van veiligheid help.

Weens die pandemie kon Ons Plek Projects in Mowbray nie events hou om geld in te samel nie. Dié shelter wat meisies help wat van die straat af kom, het om dié rede sowat R500 000 verloor.

Die organisasie Gift of the Givers het gister kom hand bysit.

Ali Sablay, projekbestuurder van Gift of the Givers, sê hulle het kos en ander benodigdhede vir die shelter gebring.

“Ons het gehoor hulle sukkel en het besluit om te help.

“Hulle het kos nodig en ons het ’n maand se voorraad gebring sodat hulle die geld kan gebruik vir ander goed.”

Pam Jackson, direkteur van Ons Plek Projects, sê hulle is dankbaar vir Gift of the Givers se hulp, want hulle het kos nodig om die inwoners te voed.

Veilige

“Die meisies kry trauma- berading en die program wat aangebied word, help hulle om te cope met die lewe.”

DANKBAAR: Ali Sablay (voor) van Gift of the Givers oorhandig kos aan die shelter. Van links is Pam Jackson, Faniswa Muba, Adele Hendricks en Nicolette Joshua­. Foto: Peter Abrahams

Jackson sê omdat hulle soveel geld verloor het, is geld nodig om noodsaaklikhede te voorsien.

Ons Plek Projects is ’n veilige hawe vir meisies wat om welke rede ook al van hul huis weggeloop het.

Daar word hulle bemagtig, gaan steeds skool toe en leer verskillende skills.

Jackson sê die meisies bly daar tot op 18-jarige ouderdom.

Die meisies wat daar woon, kom deur verskillende vorms van abuse, bendegeweld, neglect­, ensovoorts.

Bel 021 685 4052 of besoek die webwerf onsplek.org.za as jy ook Ons Plek Projects wil help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters