Verlede maand
Ondersteuning deur dik en dun
NUWE PROJEK: Bernadette Humphries, ’n lid van die groep, het die idee vir ’n kunsprojek na vore gebring en sien uit om dit in die nuwe jaar te begin.  ~ Jonathan Lestrade

“ONS dans en stap nie net nie, ons ondersteun mekaar deur die moei­like en goeie tye ook.”

So sê Soraya Salie, die stigter van die Bonteheuwel Walking Ladies.

“Ons bring moeders bymekaar. Ons is ’n groep diverse vroue met verskillende agtergronde, religions, kulture en almal dra verskillende pyn.

“Dit is ’n platform wat ons gebruik waar vroue hul pyn kan release, waar ons mekaar vertrou en ons pyn met mekaar deel,” vertel sy.

Salie sê dit is ’n healing process wat hulle deurgaan.

“Die platform gee moeders die geleentheid om vir ’n uur na hulself te kyk, om hulself te geniet.

“Ons speel musiek, dans, lag en huil saam.

“Hier kan hulle let go en dit is iets wat ek vir die moeders van Bonteheuwel gevisualise het,” voeg sy by.

Salie sê hulle is ook ’n groep wat baie sterk staan teen geslagsgeweld.

“Dit gebeur orals. Ons kan nie net vir 16 dae daaroor praat of iets daaraan probeer doen nie.

“Ons praat onder mekaar en sê ons moet 365 dae daarop bly fokus­ en ’n verandering maak.”

Volgens Salie gesels hulle baie oor geweld teen vroue en nie almal wil hul storie in woorde oorvertel nie. Dit is waarom hulle so graag hul kunsprojek wil begin.

Bernadette Humphries, ’n lid van die groep, het met dié idee na vore gekom omdat daar so baie vroue is wat nie wil uitpraat nie, maar dalk bereid sal wees om deur middel van kuns hul storie te vertel.

KOM ONS DANS: Die Bonteheuwel Walking Ladies weet hoe om te move. Foto: Jonathan Lestrade

Humphries sê hulle moes met idees na vore gekom het oor wat hulle kan doen in die 16 dae van aktivisme.

“Ek het daaroor gedink en wou iets different doen en toe besluit ek ’n kunsprojek sal goed werk.

“Dit is ’n goeie manier om jou stres te release, maar ook om jou storie te vertel.

Verf

“Ons wil hê die vroue moet die projek gebruik om te praat sonder om woorde te gebruik en deur dit sal ons mekaar se stories leer ken en ons kan van daar af mekaar ondersteun,” sê sy.

Humphries sê hulle hoop deur so ’n projek sal meer mense hul club join.

“Ons deure is oop vir almal. Hier is ’n plek vir almal.”

Humphries sê op die oomblik het hulle nie enige materiaal om die projek te begin nie en doen ’n beroep op die publiek om hulle te ondersteun.

“Ons benodig papier, paint, lappe ... enige iets waarop ons kan verf.

“Ons wil dit nie net vir die volgende 16 dae doen nie, maar as ’n langtermyn­projek,” sluit sy af.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters