Verlede maand
Noord tot suid
doelwit: Yassine Ghallam is by sy eindpunt – Kaap Aghulus.  ~ 

HY IS deur 17 Afrikalande en het met meer as 20 000 km in die saal van sy fiets uiteindelik die suidpunt van die vasteland bereik.

Dis die avontuur van Yassine Ghallam (32), ’n Marokkaan wat ná ál sy ontberinge hier in Suid-Afrika die grootste terugslag moes kom verduur het.

Nie eens ’n noue ontkoming in Ivoorkus kan vergelyk met dié terugslag nie, want dis toe in Suid-Afrika dat sy fiets gesteel is.

Maar toe Son Ghallam onlangs ontmoet het, was hy steeds optimisties en positief oor Mzansi, want hy het net mooi woorde vir onse land en onse kontinent.

Oor sy noue ontkoming in die Ivoorkus vertel hy hy is gekonfronteer deur ’n gewapende man wat aan hom gesê het: “Gee my jou geld en jou foon of ek skiet jou morsdood.”

Ghallam sê hy het egter koel en kalm gebly en aan die ou gesê: “Nee, man, gee my eerder jóú foon en jóú geld.”

Die ou het toe heel verbaas vir Ghallam gesê hy’s mal en dadelik sy houding verander.

Malaria

Ghallam, wat ’n tegniese elektrisiën is, het sy epiese tog op 17 Januarie verlede jaar begin.

Hy sê dis omdat hy graag wou uitkom by die grens van die Indiese en Atlantiese Oseaan, en dis natuurlik Kaap Aghulas, die suidelikste punt van Afrika.

Die toer het ook sy nuuskierigheid gevoed oor die vasteland se groot verskeidenheid kulture, tale en kos.

Hy sê: “Ek het baie ervaar – soos dat ek besmet is met malaria en dat my fiets gesteel is – maar ek sal dit weer doen, want dit was my droom.”

kuslangs: Yassine Ghallam is ná 25 700 km in die saal vanaf Casablanca in Marokko uiteindelik in die Kaap.Foto’s verskaf
selfie-tyd: Yassine Ghallam verken Kaapstad.
doelwit: Yassine Ghallam is by sy eindpunt – Kaap Aghulus.

Ghallam het uiteindelik van Casa­blanca, wat die grootste stad in Marokko is, 25 700 km tot in Kaapstad afgelê.

Hy sê: “Van ál die plekke waar ek was, kan ek eerlikwaar sê Kaapstad is die mooiste; dit her­inner my ook aan Casablanca.”

Ghallam sê in elke land waar hy was, was die in­woners baie vriendelik teenoor hom.

Hy vertel: “Ek het sonder kontant gereis en mense was altyd gereed om met my te deel.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters