13 dae gelede
’n Dag vol pret vir kinders
IN AKSIE: Q.Rock (links) en AD Hufkie sing hul jongste hit, “Hey DJ”.  ~ Foto Verskaf

DIE Dalene Foundation in samewerking met die Q.Rock Foundation het oor die naweek in Weltevrede, Wellington, lig op die teen-boelie-veldtog gewerp.

Talle aktiwiteite is aangebied en verskillende kunstenaars en DJ’s het opgetree.

Daar is met die hulp van die organisasie One Nation ZA en die ReachOut Foundation kos aan sowat 200 kinders gegee en talle speletjies is aangebied. Kinders het in die strate en in die park gespeel. Die gebied is bekend vir bendes, maar dié dag was net vol pret.

Van die plaaslike kunstenaars wat opgetree het, is Locurl en Janine Jacobs.

Ander kunstenaars was C.O.P. (Came Out Perfect), AD Hufkie en Q.Rock.

Museum

Sakhe Duka van KC Radio was die gasspreker en apostel Francis Hendricks het die gemeenskap herinner aan wie hulle is en ’n boodskap van hoop gebring.

Op 8 Junie neem die Q.Rock Foundation in samewerking met ’n borg, die EduBiz Foundation, 35 kids en 12 volwassenes na die Jewish Museum in Kaapstad.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters