14 dae gelede
’n Battle kom
Ravensmead Dansers.FOTO:JONATHAN LESTRADE
VERANTWOORDELIKHEID: Riccardo Horn sê dit is tyd om terug te gee.  ~ Jonathan Lestrade

“AS JY hulle besig hou met iets wat hulle geniet, dan hou dit hulle weg van die euwels ...”

Só vertel Riccardo Horn, eienaar van ’n barber shop in Ravens­mead en lid van die gemeenskapsgroep The Willingz.

Dié groep beoog om jong mense in die plaaslike gemeenskap by positiewe projekte betrokke te kry.

Verlore

“Ons het self ’n verantwoordelikheid in ons gemeenskap en ek voel dit is ons plig om terug te gee aan ons gemeenskap, veral die kinders,” sê Horn.

“Ons kinders gaan verlore omdat daar geen of nie genoeg platforms is vir hulle om hulself in ’n positiewe lig te express nie.

“Baie bekyk aanmekaar die probleem maar niemand is bereid om te help met ’n oplossing nie. So, die tyd is ryp dat ons die The Willingz-projek begin.”

Die projek is vroeër vanjaar gestig en behels onder meer ’n dansprojek waar kinders van die blokke flats dit teen mekaar uitbattle.

“Die battle of the flats gaan oor die twee gewildste flatse in Ravensmead – 8ste Laan en die wit flats. Ons het besluit om die kinders besig te hou met dans sodat ons kan seker maak ons verloor nie nog van hulle oor verkeerde keuses nie. Ons wil hul talente showcase.”

Ravensmead Dansers.FOTO:JONATHAN LESTRADE
KOM ONS DANS: Kinders van die wit flats in Ravensmead oefen hul dance moves vir die battle. Foto: Jonathan Lestrade.

Hy en die medelede van The Willingz beoog om in die eerste week van Maart met die battle af te skop.

“Dit gaan glad nie oor wie die beste is nie, maar om vir hulle te wys dat hulle talentvol is en hul talente moet gebruik om ’n verandering te maak.

“Hulle is baie opgewonde en almal het hul unieke danstalent. Ons laat hulle besluit watter dans hulle wil doen omdat ons wil hê hulle moet dit geniet,” sê Horn.

Omgee

Hy sê hulle wil graag hê die kinders moet besef daar is mense hulle raaksien.

“Ons wil hê hulle moet ná die battle kan wegstap en weet dat daar mense is wat omgee en hulle ondersteun,” sê hy.

Ravensmead Dansers.FOTO:JONATHAN LESTRADE
SAAMWERK: The Willingz-span se Riccardo Horn, Carlo Bestha en Jermaine Manuel is hard aan die werk. Foto: Jonathan Lestrade

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters