7 maande gelede
Mooiste man vannie plain?
flat-out sexy: Alfonso Solomon, wat in Tafelsig grootgeword het, kan Mnr. SA word.Foto: Fu’ad Rahman  ~ 

MITCHELLS Plain kry dalk gou sy eie mnr. Suid-Afrika.

Die 36-jarige hunk Alfonzo Solomon het deurgedring tot die finals van dié gesogte kompetisie.

Solomon is in murg en been ’n Mitchells Plainer. Hy het in Tafelsig grootgeword.

Hy het aan die Laerskool Eisleben Road en die Hoërskool Bergvliet skoolgegaan.

Solomon, wat al die kroon gekry het in die mnr. Mardi Gras-kompetisie, het ook al in die sepie Generations en ’n paar rolprente gespeel.

En natuurlik doen hy modelwerk. Sy gesig het al op ’n paar billboards gepryk.

Sy agent is Gaenor Becker van Johannesburg. Sy het onder meer al saamgewerk met die komediant Trevor Noah­, wat Amerika nou om sy pinkie draai.

Solomon sê hy is dankbaar vir die geleenthede wat Becker hom gee. En vanselfsprekend sien hy uit na die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie.

Welsynswerk

“Die uitdunne het in Julie begin. Ek het baie selfvertroue en weet dis ’n uitstekende geleentheid.

“Al die deelnemers moet elke maand sekere take aanpak, soos om sponsors te kry en welsynswerk te doen. Daar is ook social media challenges.

“Ek het besluit om literacy te bevorder – onder kinders én volwassenes.

“Ongeletterdheid is ’n groot probleem in die townships.

“Deur geletterdheid sal mense baie beter geleenthede – en werk – kry.

“Ek onthou hoe my ma my gereeld na die biblioteek toe gevat en my op ’n baie jong ouderdom geleer lees en skryf het.

“Dit het vir my ’n nuwe wêreld oopgemaak.”

Mense wat Solomon wil ondersteun, kan die kode MrSA2 na 40439 SMS. Elke SMS kos R2. Die finals vind in Maart volgende jaar in die Moederstad plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters