2 maande gelede
Model maak deur vir dromers oop
bemagtig jouself: Candice Manuel moedig vroue aan om hulle drome waar te maak. FOTO verskaf  ~ 

CANDICE Manuel wil ander die kans gee om verder te studeer omdat sy dit nie gehad het nie.

Manuel is ’n plus-size model en sakevrou van Mitchells Plain.

Sy het die Embrace Your Curves Move­ment begin.

Vir haar nuwe campaign nooi Manuel vroue tussen die ouderdom van 18 en 40 om aansoek te doen as hulle verder wil leer. 

Bekostig

Sy vertel: “Toe ek klaar was met skool, kon ek nie verder studeer nie. Daar was nie geld nie. Eers toe ek begin werk, kon ek kursusse doen om my skills en knowledge te verbeter.”

Manuel wil nou vir ander vroue wat dit nie kan bekostig om te studeer nie, die geleentheid gee om hulle drome te bewaarheid.

“Ek wens daar was iemand wat my kon gehelp het toe ek verder wou studeer. Maar dit het my nie gekeer om my drome te bereik nie.

“Die kursusse wat ek wel gedoen het, help my vandag in my besigheid.

“Ek gebruik nou juis my campaign om ander aan te moedig om nie dié kans by hulle te laat verbygaan nie.

“Deur te studeer, belê jy in jou drome. Jy werk aan ’n doelwit wat jou toekoms positief kan beïnvloed.”

Manuel verduidelik vyf vroue sal die geleentheid hê om ’n volle beurs te kry.

Hulle sal uit vier vakke kan kies: public management, sakebestuur, finan­siële bestuur en educare.

“Ons doel is om onbevoorregte vroue die geleentheid te gee om hulleself te bemagtig. Hulle kan hulle nuwe skills en knowledge gebruik om terug te gee aan hulle gemeenskap.”

Die span van Embrace Your Curves doen nie die keuring nie. Dit sal gegrond wees op die volledige kriteria van verskeie professionele mense van onder meer TVET-kolleges.

Om oorweeg te word, moet jy matriek geslaag het en die genoemde ouderdom wees. Jy moet ook unemployed wees en in Kaapstad woon. Die aansoekproses sluit Maandag.

Stuur

As jy interested is, kan jy só aansoek doen: “Like Embrace Your Curves se Facebook-blad.

“Like die post, share dit en stuur jou motivation en ’n copy van jou matrieksertifikaat en ID na info@­embraceyourcurves.co.za.

“Onthou?, T’s en C’s is van toepassing.”

Kandidate wat die kortlys haal, sal gemail word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters