3 maande gelede
Metrorail bederf 100 bejaardes
UITSTAPPIE: Dié groepie bejaardes van die Athlone Seniors’ Forum is Muizenberg toe gevat vir die dag. Foto: BASIL AFRIKA  ~ 

HONDERD senior burgers van verskillende gemeenskappe op die Kaapse Vlakte is vandeesweek deur Metrorail op Mandela-dag bederf om wyle Nelson Mandela se honderdste verjaardag te vier.

Die seniors, wat afkomstig is van Eersterivier, Woodstock, Heideveld en Lavender Hill, is op ’n uitstappie na Muizenberg geneem.

Die dag het begin met ’n heer­like ontbyt vir 30 seniors van Philisa Abafazi Bethu in Lavender Hill, gevolg deur ’n treinrit tot by die Muizenberg-trein­stasie.

’n Groep senior burgers is ook op die trein deur XStitch, ’n nieregeringsorganisasie, geleer hoe om wolmussies te hekel.

Die seniors kon daarna die mussies vir hulself huis toe neem.

Ná die treinrit is die senior burgers met ’n heerlike middagete bederf, gevolg deur ’n uitstappie lop die strand.

Geniet

Hulle het ook die plaaslike museum besoek.

Volgens Eileen Dreyer (70) van die Athlone Seniors’ Forum het hulle die dag baie geniet.

Sy sê: “Ek het vandag baie vriende op die trein gemaak en ons is baie dankbaar vir die goeie gebaar.”

Farieda Ely (70), ’n Inwoner van Heideveld, sê: “Dit was ’n lekker treinrit en ons het in die trein gesit en hekel en lekker gesels.”

Volgens Keith Edwards van Metrorail het hulle dié jaar gefokus op die belange van senior burgers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters