3 maande gelede
Merts kry gebed
OOK DAAR: Die Taakmag se manne bid vir Kaldimola “Dimes” Madatt, die eks-leier van die Americans-bende, wat ook vir gebed uitgekom het.  ~ Foto Verskaf

HERMANUS. – Tydens ’n onlangse optog hier het die Taakmag van God tot by elke dwelmhuis gegaan en net daar gebid.

Die missie van dié manne van God wat destyds self geharde misdadiger was, is om bendes en dwelmsmokkelary hok te slaan.

Nie net dít nie, maar ook om bendes na die Here te lei.

Die Taakmag van God, wat oorspronklik van die Kaapse Vlakte is, het die laaste tyd die Boland sy fokus gemaak.

Die manne het reeds plekke soos Grabouw en Botrivier besoek en hulle het ’n geweldige impak gemaak.

Volgens kol. Elizabeth Swartland het misdaad omtrént afgeneem.

Swartland, wat by die Grabouw-polisiestasie gestasioneer is, én Isabel Bailey, ’n gemeenskapsleier van Grabouw, werk hand aan hand om die Taakmag van God na verskillende plekke te ontplooi.

Bailey het aan Son vertel Sondag tydens hul march in die strate van Mount Pleasant het hulle heeltemal oorgeneem. Daar was geen bang haar op hul kop nie, sê sy.

Bailey vertel: “Die community het ons laat stilstaan en die drug-huise uitgewys.

“Die dikding wat Ghost Town rule, was ook daar.

Verlos

“Die Taakmag het tot by hul plekke gegaan en vir hulle gebid.

“My hart breek elke keer as die jong manne uittree vir hulp en vra dat die Taakmag vir hulle moet bid.

“Hulle wil verlos word van die dwelms en die gangsters wat hulle so gebruik om die dwelms te verkoop.”

Bailey doen ’n beroep op ouers om meer aandag aan hul kinders te gee sodat hulle nie in hierdie euwels vasgevang word nie.

Volgens haar pleeg kinders vandag hopeloos te dikwels selfmoord oor hulle voel daar is nie ’n uitkoms nie.

Bailey sê: “Ouers moet besef waardeur hul kinders somtyds gaan.

“Hulle moet sit met hul kinders en wys dat hulle belangstel in hulle.

“Hulle moet leer om openlik met hul kinders te praat sodat hulle nie kan selfmoord pleeg nie. Ek praat uit ondervinding.

“Ek werk daagliks met kinders wat by boendoehowe betrokke is en waag my lewe om hulle te red.

“Sommige kere kom ek op kinders af waar mense besig is om hulle dood te slaan en pleit dan by die mense om dit nie te doen nie.”

Bailey sê hulle sien uit daarna om Malmesbury en Caledon volgende te besoek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters