Verlede maand
Mej. SA en sjefs bederf vele kids
Voorbereiding: Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, roer ’n kospot terwyl die sjefs toesig hou.  ~ 
GROOT VIERING: Franchesca Walker (links), ’n raadslid, en Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, deel pakkies uit aan die kinders by die Robin Hood Crèche in Elsiesrivier.Foto’s:JONATHAN LESTRADE
Voorbereiding: Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, roer ’n kospot terwyl die sjefs toesig hou.
Lekker eet: Sanjay Eli Lutchman (links) en Mervyn Naidoo van die GrandWest Casino.
Heerlik: Die uitvoerende sjef Wynand Schoeman en sy personeel maak lekker sop vir die kinders van die Robin Hood Crèche.

OM JONG mense te inspireer en te bemagtig, is boaan die prioriteitslysie van die mooiste van die mooies.

Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, die mooi meisie afkomstig van die Paarl, het ook haar deel op Mandeladag gedoen.

Maar dié slimkop dink nie aan Mandeladag as net nog ’n optrede of ’n verpligting nie.

“Vir my is dit nie net belangrik dat mense my sien nie. Dis belangriker dat ek dinge doen om hulle te inspireer en te motiveer.”

So het Green vertel gedurende haar besoek aan die Robin Hood Crèche in Elsiesrivier.

Sy was in die gebied om Mandeladag met die jong kindertjies te vier, tesame met ’n span van GrandWest’s Chefs That Care en die campaign Rise Against Hunger.

Die sjefs van die casino het kos vir die kinders voorberei en dit saam met Green aan die kinders bedien.

“Elke kind het ook ’n party packet gekry.

“Dit is belangrik vir my om by jong mense betrokke te wees. ’n Mens weet nooit wat ’n impak jy in hulle lewe kan maak nie.”

Die crèche fokus op opvoedkundige programme wat kinders holisties ontwikkel en hulle voorberei vir ’n suksesvolle toekoms.

En vir oudpres. Nelson Mandela was onderwys baie belangrik, asook dat kinders nie honger moet ly nie.

“Vandag gee ons terug, maar ook het ons die kinders aangemoedig om goed te leer en mooi te fokus, al is hulle so jonk,” het Green gesê.

Sy het bygevoeg dat jong mense, “little people” soos sy hulle noem, bewus is van hul omgewing en dit verstaan en absorbeer.

“Deur sulke geleenthede (soos Mandeladag) moet ons aanhou om hul gedagtes op ’n positiewe manier te stimuleer. Al maak mens net ’n verskil in een kind se lewe, het jy ’n impak gemaak.”

Die hoofbestuurder van GrandWest Casino, Mervyn Naidoo, het gesê hulle is opgewonde om saam met Green en Rise Against Hunger aan dié goeie doel te werk.

“Dit gaan alles oor teruggee en wat ons kan doen om jong mense beter voor te berei vir hul toekoms.

“Ons het ’n groot passie vir kinders, soos Mej. Suid-Afrika, en dit is ’n baie spesiale geleentheid om dit saam met haar op Mandeladag te vier.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters