2 jaar gelede
Meisies mik na die sterre
op mars: ’n Wetenskapdag vir meisies is leersaam. Foto: nasa  ~ 

AS JY wonder wat jy op Jeugdag, 16 Junie, kan doen, is dié interessante werksessie dalk net vir jou.

Die Medo-ruimteprogram hou op Jeugdag in Kaapstad ’n inten­siewe werksessie met 150 skoolmeisies. Hulle sal met Suid-Afrikaans geprogrammeerde rovers werk wat die meisies self sal kodeer. Rovers is mos daai verkenningsvoertuigies wat op planete soos Mars rondsnuffel en allerhande wetenskaplike data inwin.

Die doel van dié dag is om jong meisies bekend te stel aan elektronika en wetenskaplike grondbeginsels sodat hulle wetenskaplike, tegnologiese, wiskundige en ingenieursloopbane kan oorweeg.

Jy kan gaan inloer om te kyk wat die 150 meisies doen. Die sessie begin 10:00 by Eenheid 3A, CTX-besigheidspark, Freight-weg, Airport Industria.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters