Verlede maand
Man wil jeug graag uplift
jeremy
Visie: Jeremy Williams wil ’n verskil in sy gemeenskap maak.  ~  VERSKAF

SY DROOM is nie net om die jeug ’n gesonder lewe te gee nie, maar ook om hul mindset te verander en hulle van die strate af te hou.

Jeremy Williams (40) van Strandfontein praat oor sy visie vir Mitchells Plain, veral wat die jeug betref.

Williams, wat self in Mitchells Plain opgegroei het, sê hy het genoeg gehad van mense se negatiewe mindset oor die jeug van die area.

Dis hoekom hierdie pa van twee die bal aan die rol gekry het om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Williams het sy energie tydens die lockdown in sy droom invest en is reg om die jeug te help, want hy glo ’n gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees.

Hy vertel oor hoe die lockdown sy oë oopgemaak het.

“Ek het gesien hoe die kinders meer kwesbaar vir die gevaar daar buite was.

“Ek kon nie my rug draai sonder om iets te doen nie, veral omdat ek altyd die droom gehad het om my gemeenskap te uplift.”

Williams het toe begin om aan homself te werk. Hy sê het hy intussen omtrent 80 handgewigte gemaak.

“My motto is om eerste aan jouself te werk voordat jy iemand anders wil help.

“Dis hoekom ek dit my missie gemaak het om gewig te verloor. Noudat ek beter oor myself voel, wil ek die energie terug in die jeug sit.”

Aanbied

Williams verduidelik aan Son hy wil ’n gratis gewigoptel-en-fiksheidsprogram in die park begin.

“Hulle sê mos healthy body, healthy mind. So, ek wil nie net by myself stop nie, maar dit ook vir die gemeenskap aanbied.

“Ons almal weet as ons jeug die geleenthede kry, sal hulle dit gryp, maar daar is nie programme vir hulle nie.”

Williams sê die rede hoekom hy dit gratis aanbied, is omdat hy struggle ken.

“Al wil ons mense fit hou, is daar nie geld vir gyms nie. Ek het die toerusting, nou makeer ek net die jeug.”

Hy sê sy eintlike visie is om ’n youth hub te begin.

“Ons gaan nie hier stop nie. Daar is klaar dieetkundiges, lewensafrigters, fiksheidsghoeroes en vele meer wat on board is. Ons wil hê die jeug moet rolmodelle vir hul eie gemeenskappe wees. Ons wil die cycle verander.”

Williams bied elke Saterdag saam met ander mense gratis dansklasse aan.

Enige een wat belangstel, kan Williams kontak by 062 446 4788.

Williams daag ander gemeenskappe uit om die program in hul areas uit te rol.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters