4 maande gelede
Man nou filantroop ná geliefde se kankerdood
MEESTER: Japie Coetzee by Angela Appels, die tussenhuis se bestuurder.  ~ Keith Meyer

OUDTSHOORN. – Hy is ’n man van sy woord. Nou pluk die gemeenskap die vrugte van sy projek wat maande gelede ­afgeskop het.

Japie Coetzee, oudskoolhoof en oudraadslid, het maande ge­lede ’n projek begin wat die Irma Bruschi-kankertussenhuis in George­ sou help.

Sy soulmate, Jane, het enkele maande gelede aan kanker gesterf. Hy het toe plegtig belowe om dié kankertussenhuis te ­finansier omdat hulle ook gesukkel het om kop bo water te hou.

Dasse

Coetzee vertel: “Ek het eers begin om al die ou los goed te verkoop wat al jare in onbruik verval het. Selfs Jane se ou naaimasjiene. Dit het goed gegaan.

“Toe besluit ek om 40 jaar se dasse as souvenirs te verkoop. Wat ’n reuse-sukses! Van my oudkollegas en oudleerders wou baie graag ook een hê.”

Verlede week het dié filantroop self George toe gery en die donasie aan Angela Appels, wat in beheer van die kanker-tussenhuis is, te oorhandig. Appels was baie dankbaar.

Coetzee het gevra dat meer mense by die tussenhuis betrokke moet raak. Pasiënte word daar gehuisves wanneer hulle vir kankerbehandeling gaan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters