Verlede jaar
Maak ’n verskil
gesondheid: Claudia van Schalkwyk (met blou T-shirt) saam met lede van haar span.  ~ 

DIE moderne samelewing is nie altyd goed vir jou lyf of jou gesondheid nie.

Baie mense sukkel juis met hulle gesondheid en kweek gevolglik ’n lae selfbeeld.

Om gesond te leef is uiters belangrik en is nie altyd maklik of goedkoop nie.

Daarom bied die Urban Beauty Academy­ (UBA) ’n 90 Day Wellness Challenge aan om te verseker dat mense ’n gesonder leefstyl handhaaf en sodoende ’n verskil aan hulle lewe maak.

Die idee van die uitdaging het by Claudia van Schalkwyk­, die besturende direkteur van UBA, posgevat nadat daar Fase 4-limfoom by haar suster, Leony­ Sonja de Wee, gediagnoseer is.

Van Schalkwyk wou dit nie aanvaar nie en het geglo iets kan gedoen word om haar te help.

Sy het navorsing begin doen oor voeding en hoe dit die liggaam affekteer.

Sy het besef om gesond te leef maak ’n baie groot verskil aan jou mind, body en soul en sy moet iets doen sodat haar suster langer leef.

Alle geld wat ingesamel­ word deur middel van die challenge, word gebruik om vroue uit agtergeblewe gemeenskappe te help om gekwalifiseerde entrepreneurs te word in die gesondheidsektor.

Die begunstigdes sal ’n beurs kry om ’n jaar aan die Urban Beauty Academy te studeer.

“Om die eerste stap te neem en ’n besluit te neem om gewig te verloor, is nie maklik nie.

“Met die UBA 90 Day Wellness Challenge – in samewerking met ons borge – reik ons uit na die gemeenskap en help hulle om hulle doel te bereik.”

Die Academy nooi almal wat daarin belangstel om ’n verskil te maak in hul leefstyl­, om vir seisoen twee in te skryf môre by ’n 1 Day Retreat by Le Franschhoek.

Mense wat meer inligting wil hê oor die challenge en die retreat, kan www.uba90daywellness­challenge.co.za besoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters