6 maande gelede
Lifter vra ’n las
Kampioen: Stanley Lameyer (60) is SA se powerlift champ.  ~ Verskaf

SELFS al is Stanley Lameyer van Matroosfontein op die Kaapse Vlakte 60 jaar oud, het hy lood in sy pype.

Lameyer is Suid-Afrika se powerlift-kampioen. Hy kan tot 230 kg optel!

Dié fikse senior is gekies om binnekort deel te neem aan die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms wat in April by Sun City plaasvind.

Lameyer het laas jaar se Wêreldkampioenskapstoernooi in Swede misgeloop omdat hy nie genoeg geld daarvoor gehad het nie.

Dit bly steeds Lameyer se droom om Suid-Afrika in die Wêreldkampioenskapstoernooi te verteenwoordig.

“Ek wil graag gaan om te wen en vir die mense wat nie in my geglo het nie, te wys ek kan dit doen,” sê Lameyer.

Hy beoefen dié kragsport maar eers sedert 2015.

“Ek raai ander aan om te begin oefen en gesond te lewe,” sê Lameyer.

Hy raai senior burgers aan om uit die gemakstoel op te staan en aktief te begin raak.

Lameyer oefen drie dae per week by die Elsiesrivier-gesondheidsklub.

Naweke doen hy verskillende staproetes in die Kaap om hom fiks te hou.

Lameyer neem aan ses tot sewe kompetisies per jaar deel, maar hy sê die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms is vir hom die cherry op die koek.

  • Enige een wat Lameyer graag wil help om sy droom van deelname ’n werklikheid te maak, kan hom gerus kontak by 081 482 4829.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters