7 maande gelede
Laat sy sak bult
SPIERTIER: Johan Ludick is op pad Spanje toe.Foto’S VERSKAF  ~ 

ELSIESRIVIER se eie spiertier!

Ja, Johan Ludick (42) vertrek eersdaags na Spanje om teen die bestes ter wêreld te gaan spiere wys.

Dié bodybuilder het in September in die Oos-Kaap die Suid-Afrikaanse kampioenskap gewen.

Die wêreldkampioenskap vind teen die middel van November plaas.

Ludick neem van 17-jarige ouderdom af deel aan liggaamsbou-kompetisies.

Sy liefde vir dié sport kom van sy ma af wat ook in haar dae deelgeneem het.

Dié pa van twee het vanjaar aan ses kompetisies deelgeneem – en almal gewen!

harde werk: Johan Ludick het nog nie vanjaar ’n kompetisie verloor nie.

Ludick het drie jaar gelede ’n break van die sport gevat en maar eers verlede jaar weer begin oefen.

Hy sê hy het nou die hoogtepunt van sy loopbaan bereik.

“Ek het alles in my vermoë gedoen om dit te bewaarheid,” sê hy.

Tog sukkel dié saggeaarde man van twee met finansies.

“Dit is baie geld om oorsee te gaan en sonder borge is dit maar moeilik.

“Jy moet finansieel sterk wees om dié sport te beoefen. Sover het ek op my eie reggekom, maar het nou hulp nodig.”

Hy sê dit verg baie dissipline om ’n bodybuilder te wees.
“Ek het nog nooit probleme gehad om in shape te bly nie, maar hoe ouer ek word, hoe moeiliker raak dit om my lyf te behou.

“Jonger mense het dit makliker.”

Ludick is lid van die Elsiesrivier-gesondheidsklub en oefen vier tot vyf dae per week. Sy rolmodel is die voormalige filmster en bekende liggaamsbouer Arnold Schwarzenegger.

Enigeen wat Ludick finansieel wil help, kan hom by 061 626 3286 of 064 742 0165 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters