6 dae gelede
KYK: Siya is trots om uit te reik
MOOI HARTE: Die Bok-kaptein, Siya Kolisi, en sy vrou, Rachel, saam met die stigter van Lungi’s Kitchen in Summergreens, Lungisa Haai.  ~ Anele Mfazwe

DIS vir die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, ’n groot plesier om sy hand na gemeenskappe uit te reik.

In sy nuutste inisiatief het die Kolisi Foundation, in samewerking met die maatskappy Kellogg’s, ’n projek in Summergreens aangepak. Dit voed sowat 1 000 kids en 100 bejaardes van Maandae tot Vrydae.

Die Bok-kaptein sê dit laat hom trots voel om gemeenskaps­gebaseerde projekte soos Lungi’s Kitchen te kan steun.

Kolisi vertel: “Ek en my vrou (Rachel) is die mede­stigters­ van die Kolisi Foundation.

“Ons wou seker maak kinders hoef nie vandag deur te maak wat ek moes toe ek grootgeword het nie.

“Ons het eers frontline- werkers, soos gesondheidswerkers, ondersteun. Mense wat hul lewe in gevaar gestel het.

Herskryf

“Die partnership wat ons nou met Kellogg’s het, is vir ons baie waardevol.

“Dit herinner my aan myself toe ek nog jonger was. Ons het gesukkel om ’n bord kos op die tafel te kry.

“Nou is ons besig om die verhaal te herskryf.

“Die nuwe verhaal is dat kinders nou drie maaltye per dag gaan kry.

“Ons hoop ons kan dit by ander plekke ook doen.

“Die doel is as ’n kind skool toe gaan, moet hy nie worry oor wat hy gaan eet nie. Hul fokus moet net op hul lesse en sport wees.”

Die stigter van Lungi’s Kitchen, Lungisa Haai, sê haar projek voed 100 bejaardes van Maandae tot Vrydae. Die seniors van Summergreens, Joe Slovo en Phoenix kry ook maandeliks kospakkies.

“Ongelukkig kan ons hulle weens Covid-19 nie uitvat nie, want ons sou hulle so graag op ’n uitstappie wou neem,” voeg sy by.

“En ons voed ook sowat 1 000 kids in dieselfde area.

“Met die partnership met die Kolisi Foundation kon ons ook na Khayelitsha en Guguletu uitbrei. Voordat ons die partnership in April aangegaan het, het ons 150 kinders gevoed.”

Anthony Holme, algemene bestuurder van Kellogg’s SA, sê hy is opgewonde oor die langtermyn-projek met die Kolisi Foundation.

Volgens hom kan Kellogg’s landwyd met al dié hulp sowat 36 000 kinders daagliks voed.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters