24 dae gelede
KYK: Dans dryf jou uit donker
OPSKOP: Die groep dansers hou Eersterivier se naam hoog.  ~ Melinda Stuurman

BAIE vroue kom uit verhoudings met ’n gewelddadige partner en het genesing nodig.

’n Organisasie in Eersterivier, #Malkak, help vroue op verskillende maniere om hulself te bemagtig en weer vorentoe te gaan.

Rifkah Carr (37) van Eersterivier het dié organisasie begin om vroue in die omgewing te help.

Die program is daarop gemik om vroue te help met healing en restoration.

Pragtig

Carr word bygestaan deur Shane Rudolph, ’n danser van Eersterivier wat meisies en vroue help met dans.

Carr sê sy wil graag vir mense wys dat hul gemeenskappe pragtig is.

“Ons het die organisasie aan die begin van die maand begin omdat dit Vrouemaand is. Ons praat oor gender-based violence.

“Ons het baie talent in die gemeenskap en wil die kinders wys dat hulle nie net hoef te sit en niksdoen nie.

“Vroue wat weens geweld aan posttraumatiese stres ly, kry terapie. Ons leer vroue om te cope.

“Shane gebruik dans om die vroue te help en hulle te bemagtig. Musiekklasse word ook aangebied.

“Ons help vroue en enkelouers ook met small businesses om hulle te leer om selfbemagtigend te wees.”

Carr sê sy wil hê gemeenskappe moet selfstandig wees.

“Ons moet leer om na onsself om te sien.”

Hulle het ook ’n slogan: “If I can do it, you can do it too, but together we can do it better.”

Rudolph sê hy wil vroue ook graag help om hulself te bemagtig en dans help hulle.

Een van die dansers van Eersterivier, Nastassja Stuurman (24), sê sy het in Athlone gedans en later by Chrysalis ’n program gevolg.

“Ek raak ontslae van emosies en stres wanneer ek dans. Wanneer ek dans, dan bring dit emosies uit.”

’n Event word Sondag 12:00 by die Eersterivier Mall agter die parking lot aangebied.

Die naam van die event is Eersterivier Against Gender-based Violence Women’s Month Grand Finale.

By al die events gaan net vroue betrokke wees.

Nie net gaan Carr ’n talk show aanbied nie, die dansgroep gaan optree, daar sal musiek wees en gedigte sal voorgelees word. Stalletjies van klein ondernemings sal ook deel uitmaak van die groot dag.

Survivors van geweld sal ook teenwoordig wees.

Mense wat #Malkak wil help, kan 067 266 6068 whatsapp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters