2 maande gelede
Klere kom van Kaap
LEKKER FEELING: Marie Willemse, Antjie Lamberts en Vernetia Horsband, voel of hulle in ’n klerewinkel ingestap het.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – ’n Paar inwoners van ­Calitzdorp steeds voort om glimlagte op mense se gesigte te sit.

En dít lank nadat die hulp feitlik opgedroog het wat mense en organisasies tydens die eerste lockdown verleen het.

Marie ­Willemse, die bekende barmhartige Samaritaan van Bergsig, het nie stil­gesit nie.

“Ek het bietjie my voelers uitgesteek en op ’n organisasie afgekom wat graag hulp wil verleen.

“Ons het toe met die hulp van ander ­mense daarin geslaag om ’n ­hoeveelheid klere vanuit die Kaap na Calitzdorp te laat kom. Ons het nie stilgesit nie en dadelik aan die werk gespring om die nood by die mees ­behoeftiges vas te stel.

“En mense, was hulle nie bly oor dié klere nie! Want die klere is nog in ’n ­uitstekende toestand.”

Antjie Lamberts, wat Willemse help, was excited: “Ons ken die nood in hierdie werklose gemeenskap.

Skenkers

“Daarom is klere nét so belangrik soos kos. Die ­Bybel sê: ‘Ek was naak en jy het my nie geklee nie.’

“Daarom klee ons mense soos ons kan en soos wat skenkers ons help.”­

Vernetia Horsband, wat ook gehelp het, was ewe excited: “Nou kan ek ook spog. Dis tog te lekker om te help. Dankie vir antie Antjie en antie Marie. ­Iemand wat dié rok kry, móét Sondag kerk toe gaan!”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters