28 dae gelede
Kinders wen met casino se bydra
Grandwest
Martin Lesch, (skoolhoof ), Petrina Pakoe (direkteur van PSFA), Melaney Simonhoff (sosio-ekonomiese ontwikkelingsbeampte, GrandWest), en Diane Laugksch (vennootskapsbestuurder by Breadline Africa).  ~ Verskaf

HULLE is dalk bekend vir vermaak maar doen ook goeie werk in die gemeenskap.

GrandWest Casino het met die Peninsula skoolvoeding-vereniging hande gevat vir 'n sosio-ekonomiese ontwikkelings inisiatief, om die hongersnood by minderbevoorregte leerders en studente by skole aan te spreek.

Vir die 2021 akademiese jaar is Valhalla Sekondêr aangeneem en sal daar ook 'n bydra gemaak word vir die bou en toerusting van 'n nuwe kombuisfasiliteit.

Mervyn Naidoo, algemene bestuurder van GrandWest, sê: "Weens Covid-19 en die huidige ekonomiese toestand is daar baie meer leerders wie voeding by skole sal nodig hê en ons is bevoorreg om te kan help." 

Hy voeg by dat R74 250 aan Valhalla Sekondêr in Elsiesrivier geskenk is, om seker te maak 165 leerders met daaglikse etes kan deel uit maak van die skoolvoedingsprogram. 

"Daar is ook 'n skenking van R200 000 gemaak vir die verskaffing en installering van 'n container wat as kombuis gebruik kan word."

Die skool het in die verlede hul verbruikerstudie-klas as kombuis gebruik, maar wanneer 'n onderwyser aangestel word kan dit weer vir onderrig aangewend word.

Martin Lesch, skoolhoof van Valhalla Sekondêr, is net dankbaar en sê: " Daar kan nie van leerders verwag word om by hul tafels te sit en op hul boeke op 'n lee mae te konsentreer nie.

"Hierdie skenking dra werklik by tot die toekoms van ons land, deur te help met die ontwikkeling van die volgende generasie leiers."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters