14 dae gelede
Kinders score nog ’n sportdag danksy Sacsa
LEKKER: Die jongspan word met sport uit die strate gehou.  ~ Foto Verskaf

KINDERS het onlangs by ’n sportdag in Broadlands Park in Somerset-Wes aan sokker en netbal deelgeneem.

Sports Against Crime South Africa (Sacsa) het dié sportdag in samewerking met ’n plaas­like sekerheidsmaatskappy en ander borge gehou.

Dit is bedink om vir die kinders van die area iets aan te bied wat hulle van die strate af kan hou.

Nog ’n doelwit van die sportdag is om die aandag op geslagsgeweld te vestig.

Misdaad

Volgens die president van Sacsa, Vincent Daniels, het die kinders sokker en netbal gespeel. Hy verduidelik dit is alles deel van ’n veldtog om die kinders besig te hou, veral in plekke waar baie misdaad voorkom.

Volgens Daniels is die misdaadsyfer geweldig hoog en mense het nie werk nie.

“Ons vra die regering om nie beloftes te maak wat hy nie kan nakom nie.”

Sacsa bied gereeld vir kinders sportbyeenkomste aan. Vir nog inligting, bel Daniels by 082 865 1144.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters