7 maande gelede
Kids toer lekker
als nat: Die leerders geniet dit gate in die swembad by die Diaz-waterpark.  ~ 

’N SKOOLVAKANSIE wat hulle altyd sal onthou, iets waarvan hulle voorheen net gedroom het.

Dis die gevoel onder ’n groep leerders van die Primêre Skool Vergenoegd in Delft oor hulle toer na die Suid-Kaap in die afgelope holidays­.

Son het voor die toer berig oor hoe opgewonde die kinders was oor die toer – vir sommige die eerste keer dat hulle buite Delft sou gaan.

Dit was die eerste toer van die skool 20 jaar nadat hy sy deure oopgemaak het.

Volgens ’n departmentshoof van die skool en ook ’n lid van die toerkomitee, Charles Uys, het die hele skool community hard gewerk om geld in te samel om die toer moontlik te kan maak.

Die leerders was van 30 September tot 6 Oktober

by die De Denne- vakansieoord in Groot-Brakrivier tuis.

Hulle het plekke soos Evaluate Trampoline, die Kangogrotte, die Kango Wildlife Ranch, Monkey Land, die Goods Shed-vlooimark en die Diaz-water­park besoek en op ’n Romonza-bootrit gegaan.

Volgens Uys het die leerders waardevolle lewenslesse geleer en dit baie geniet. Hulle wag nou al weer klaar vir die volgende toer.

Die leerders is vergesel deur vier onnies – Judy Campher, Wilma Fortuin, Yolanda Saulse en Leandre Heyns.

Die toerkomitee bedank die bydrae van die ouers, AVG Paperworks en Absa Bank, wat gehelp het om die toer moontlik te maak.

Die komitee bedank ook die skool se kringbestuurder vir die toestemming wat sy gegee het dat die toer ’n werklikheid kon word.

versigtig: ’n Paar leerders kruis die .voetbrug by die by Cango Wildlife park.
Kangogrotte: Die vier onnies wat na die kinders op die toer gekyk het, is van links Judy Campher, Yolanda Saulse, Leandre Heyns en Wilma Fortuin.
lekker hier: Die kinders by die waterval van die De Denne-oord. Foto’s verskaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters