23 dae gelede
Kids kry Kerspaartie-bederf
SPESIAAL VIR JOU: Kersvader deel geskenke uit.  ~ Foto Verskaf

DIE Anne’s Angels Foundation het onlangs ’n suksesvolle launch gehad en met ’n Kerspaartie sommer ook kinderharte bly gemaak.

Die launch is by die Community Women Action centre in Eersterivier gehou. Austin Rose­ en Q-Rock Swartz het die kinders vermaak.

DJ Jayo het vir die musiek gesorg. Radio Eersterivier het die verrigtinge live uitgesaai.

Sowat 50 kinders en 30 volwassenes het die event bygewoon.

Streng Covid-19-maatreëls is gehandhaaf en aan elke kind is ’n masker gegee.

Br. Leon Phineliphi het die organisasie geseën terwyl Anne­ en Elias Antonie en Henry Prens van Anne’s Angels Foundation die lint saam geknip het om ’n nuwe era vir die organisasie in te lui.

Sers. Leigh September van Kleinvlei se polisie het saam met sy sektorleier, konst. Unathi Makananda, die kinders toegespreek oor veiligheid.

Gewen

Vader Krismis (Elias Antonie) het later sy verskyning gemaak en die geskenke onder die Kersboom vir die kinders uitgedeel.

Die kinders het ook pryse soos hampers gewen en is met ’n lunch getreat.

Santa Shoeboxes is ook geskenk.

ENGELE: Anne’s Angels Foundation se harde werkers. Foto: Verskaf

Anne’s Angels Foundation is baie dankbaar vir almal se bydrae en hoop om in 2021 weer met hulle te partner.

Prens, bemarkingsbestuurder van Anne’s Angels Foundation, vra dat ouers in die feestyd asseblief mooi na hul kinders kyk en dat almal veiligheid eerste plaas.

“Dra jou masker oral wanneer jy uitgaan en behou jou afstand.”

  • As enige iemand graag aan Anne’s Angels Foundation bystand wil bied of ’n donasie wil maak, kan hulle Anne Antonie by 083 328 4367 of Henry Prens by 084 942 2192 skakel. Hulle kan ook ’n e-pos na annesangelsfoundation@­gmail.com stuur.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters